Wrede oosweer looi die kus
Des Erasmus - Langs die sentrale kus was die eerste oosweer van die jaar vroeg, maar wreed.
Op die derde dag van die bergwindtoestande het die kwik gisteroggend om 11:00 op Swakopmund reeds op 45°C gestaan.
Maandag was die warmste dag met 'n ongekende 50°C wat op Langstrand tussen Swakopmund en Walvisbaai gemeet is. Besoekers van Walvisbaai het op Swakopmund vertel dat dit op die hawedorp selfs warmer was. Sondag het die hittegolf uit die Namib ook die Swakopvallei getref met 45°C wat op die hoewe Gideon van mnr. Fanie van Niekerk gehaal is.
Opvallend was dat koeler toestande nie juis teen die aande ingetree het nie en sweet het die slaap verdryf.
Volgens die voorspellings vir seevaarders gaan die toestande vandag nog voortduur met koeler weer wat eers teen Donderdagmiddag gaan intree.
Vertroostend op Swakopmund was dat die oostewind nie soos gewoonlik sand gegooi het nie, maar op Hentiesbaai het die stof wel gisteroggend op veral die Noordduin afgerol.
Van die woestyndorpe langs die kus het selfs sedert die naweek 'n paar druppels reën gekry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie