WP nie onoorwinlik, sê Bulle se Ivan
Rugby
Cobus Claassen - Daar is vir ’n Blou Bul net een ding wat lekkerder is as om die Westelike Provinsie te klop.
En dit is om dit op Nuweland te vermag.
Jy sal dink die Springbok-skrumskakel van die Bulle Ivan van Zyl is arrogant wanneer hy dié wilde stelling maak. Maar allesbehalwe. Hy is darem immers ’n dominee in wording. Die 23-jarige Van Zyl sê “daar sal niks beter wees” as om die WP Saterdag op sy tuisveld in die spanne se Curriebeker-halfeindstryd te troef nie.
“Dit is waar my hart en my fokus is. Dit is iets wat die Bulle lanklaas vermag het.”
Daar word by Loftus Versfeld ’n punt daarvan gemaak om nie toe te laat dat die 34-7-meulsteen in hul agterkoppe saam gaan Kaap toe nie.
Bul-ondersteuners sal tereg vra of dit moontlik is ná dié loesing wat hul span die afgelope Saterdag in Pretoria in net een helfte se rugby teen die WP op die lyf geloop het.
Van Zyl draai nie doekies om nie en sê hulle was “slap” gewees op ’n sopnat Loftus.
“Dit is nie aanvaarbaar nie. Hul uitvoering was beter en dit kom in sulke moeilike toestande neer op die span wat die minste foute maak.
“Ons gaan nie met twyfel af Nuweland toe nie. Die WP het ’n baie goeie seisoen en die statistieke jok nie, maar hulle kán geklop word.
“Ons het geweldige druk op onsself geplaas met hanteerfoute en selfs met basiese goed soos om ’n bal uit die lug te vang. Die enigste ligpunt is dat ons niks uitgerig of gedoen het wat hulle kan ontleed nie.”
Daar is hard oor die droewige vertoning gesels en Van Zyl sê die Bulle is sielkundig op die regte plek.

“Daar is ’n selfgeloof in die span dat ons hulle kan wen, maar dan moet ons die plan goed uitvoer.”
Van Zyl en die Bulle se ander Bok-nr. 9, Embrose Papier, sal op Nuweland kan doen met ’n vyfster-vertoning, gegewe dat Faf de Klerk in die stadium nie vir die Bokke se Europese toer beskikbaar is nie.
Van Zyl en Papier het albei min speeltyd in die Rugbykampioenskap gekry.
“ ’n Ou wil graag meer speel, maar gelukkig en ongelukkig het Faf baie goeie rugby gespeel.
Hy was ’n sleutelspeler vir die Bokke in die Rugbykampioenskap en het ’n groot rol gespeel.
“Ek en Embrose sal aanhou hard werk en moet toesien dat ons sielkundig en fisiek gereed is vir wanneer ons ’n kans kry.
“Ons is albei baie honger om te speel – of dit nou vir die Bulle of die Bokke op die jaareindtoer is, ons moet gereed wees.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie