Woordvernuftig

Karin Eloff
Wenners van die Windhoek Woordfees se skryfkompetisie

Twee woordvernufgtige Namibiërs het vir hulself N$10 000 elk los geskryf en gedig in die heel eerste skryfkompetisie van die Windhoek Woordfees (WWF).

Emmie Bedeker en prof. Andree-Jeanne Tötemeyer is Saterdag tydens die Skrywersgesprekke by die Woordfees as 2019 se wenners aangewys.

Deelnemers kan in twee ope afdelings deelneem: een vir kortverhale en een vir poësie. Hoewel slegs die wenners in elke afdeling prysgeld ontvang het, beoog die WWF om die beste inskrywings in elke afdeling in ‘n bundel op te neem en te publiseer.

Deelnemers kon een inskywing in elk van die afdelings voorlê. ‘n Inskrywing in die gedigte-afdeling moes uit ‘n versameling van vyf gedigte bestaan het, naamlik ’n haikoe, vryevers, sonnet, limeriek en ‘n gedig van die deelnemer se eie keuse.

Die inskrywings is anoniem aan die drie beoordelaars voorgelê.

Die Suid-Afrikaanse skrywer en digter Carina Stander, wat een van die beoordelaars was, meen die inskrywings is van ‘n hoë gehalte.

“Hier is are wat vlak lê; hier is goud om te ontgin,” het sy gesê.

Die ander beoordelaars was Marius Swart en dr. Emma Kirchner. Swart doseer vertaling en Afrikaanse taalkunde in die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch.

Kirchner is ‘n dosent aan die onderwysfakulteit by die Universiteit van Namibië en die voormalige rektor van die Windhoekse Onderwyskollege.

Naaswenners is ook in beide afdelings aangewys, terwyl deelnemers op grond van hul punte ‘n goud- of silwertoekenning ontvang het.

Hier is die wenners:

Kortverhale

Emmie Bedeker Goud (Eerste plek)

Louis Conradie Goud (Tweede plek)

Josef Oosthuizen Goud (Derde plek)

Fanie Gous Goud (Vierde plek)

Antoinette Barnard

Corina Becker Goud

Jean Lombard Goud

Christine Simon Goud

Marleen Curtis Silwer

Christelle de Smit Silwer

Johanna Magrietha Esterhuyse Silwer

Elzeth Harmse Silwer

Nicolette Harmse Silwer

Yolanda Kim Horn Silwer

André Izaaks Silwer

Jolene Corinne Nell Silwer

Clarice Theys Silwer

Emily Steyn Silwer

Francois Rokitta Visser Silwer

Poësie

Andree-Jeanne Tötemeyer Goud (Eerste plek)

Chrisna Beuke-Muir Goud (Tweede plek)

Marieta Burger Goud (Tweede plek)

Henriëtte van Wyk Goud (Tweede plek)

Charlotte Muundjua Goud

Estelle Rubow Goud

Emmie Bedeker Silwer

Margaret Rosamund Bennett Silwer

Albert de Lange Silwer

Joan – Louise Durr (Ferreira) Silwer

Johanna Magrietha Esterhuyse Silwer

Yolanda Kim Horn Silwer

Loraine Kotze Silwer

Petri van Wyk Silwer

Dirk J van Zyl Silwer

Martha Catriena Jacoba Voigt Silwer

Kommentaar

Republikein 2025-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer