Woord van die week
Woord van die week

Woord van die week

Sanet de Waal
idiomatiese uitdrukkings

’n taai tameletjie (toffie): ’n Problematiese aangeleentheid, saak of situasie: Vir hom was die biologie-vraestel ietwat van ’n nagmerrie en die wiskunde-vraestel was ’n taai tameletjie (Die Burger, 23 Des. 1992, E).

taai trek: Moeilike omstandighede of situasies beleef: Dis al vier jaar dat die boere van Calivinia en Williston so taai trek met die droogte. (Landbou.com, 3 Mei 2017, E).

taaibek wees: (t.o.v. verbale kommunikasie) Ongeneë of onwillig wees: Die beskuldigde was taaibek om te getuig.

Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer