Woord van die week

Sanet de Waal
flenter Ook flinter.

I s.nw., flenters.

1 Losgeskeurde of afgebreekte stuk: Iets is in flenters.

2 a Klere wat baie stukkend is: Verwaarloosde kinders wat in ­flenters rondloop.

b Klere of besittings: Wag, ek moet my flenters inpak.

3 (gew. as vkw.) Stukkie, dun skyfie of repie: 'n Flentertjie vleis, brood.

4 Geringe hoeveelheid of die ­minste: Hy gee nie 'n flenter om nie.

II ww. Doelloos rondloop: Wat flenter julle hier so deur die dorp?





Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

Kommentaar

Republikein 2026-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer