Woord van die week

Sanet de Waal
sloerie (sloe-rie) s.nw., sloeries. (geselstaal)

1 Slordige persoon: Die voormalige Kiwi-kolwer het in sy ope brief aan die Suid-Afrikaanse kaptein, A.B.d.V., gesê hy lyk soos 'n sloerie met sy stoppelbaard (Volksblad, 28 Febr. 2015, 23).

2 Verleidelike, wulpse, dikw. losbandige vrou: Die vermeende diamantsmokkelaars het dieselfde gelyk: swart denim en leer, baie goud, poedel-haarstyle, rolle note wat in hul sakke bult, vinnige karre en blonde sloeries met opgepompte borste. Hulle bekke was seepglad (Die Burger, 5 Febr. 2011, By, 4).

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer