Woord van die Week
gottabeentjie s.nw.
Beentjie aan die agterkant van die elmboog wat 'n pynlike en verlammende gevoel veroorsaak wanneer dit gestamp word; sinonieme einabeentjie, elmboogbeentjie, gonnabeentjie, kieliebeentjie, liewenheerbeentjie, swernootbeentjie, tinteltonnetjie, verneukbeentjie, wewenaarsbeentjie: Die verlamming in my arm nadat die boom my gottabeentjie getref het, neem byna 'n halfuur om te herstel (Volksblad, 6 Nov. 2013, 5).
Samestelling van gotta en beentjie, so genoem omdat 'n stamp op hierdie beentjie gewoonlik 'n uitroep van pyn, dikwels in die vorm van 'n kragwoord soos gotta of gonna, ontlok.
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
www.wat.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie