Woord van die week

Sanet de Waal
strawasie s.nw., strawasies. (geselstaal; verouderend) (‹Italiaans strapazzo) Onenigheid of moeilikheid wat op 'n bakleiery of struweling kan uitloop: 'n Strawasie deurmaak, oorkom, verduur. Strawasies maak, soek. ˜ Die trekkery het hulle tot op die rand van 'n strawasie gedryf. Dalk is dit al wat hulle nou nodig het; 'n vredemaker, die tussenkoms van 'n buitestander (E. Kotze: Soetloop, 2016, 302). Hulle twee sit ineengedoke en al gapende agterop die sleepwa, twee verlepte figuurtjies wat duidelik nog nie die strawasies van die vorige dag rondom die dipgat afgeskud het nie (P.H. Nortje in Huisgenoot, 27 Jul. 1973, 51).

Kommentaar

Republikein 2026-06-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer