Woord van die week
Woord van die week

Woord van die week

ontkrag ww., het ontkrag. (enigsins formeel)

1 Swak of swakker maak, die krag wegneem, of die doeltreffendheid, effek, geloofwaardigheid, geslaagdheid ontneem of verminder: Hy voel die dowwe hoofpyn wat hom ontkrag, maande lank al knaag aan die wortel van sy lewe (D.F. Malherbe: Suurveld4, 1946, 194). Alle besluite in die Europese Unie word deur konsensus van die twaalf lidlande geneem, en dit verg dus dikwels moeisame onderhandelings om 'n soms ontkragte kompromis te kry (Die Burger, 10 Okt. 1994, 9).

2 Die kragtoevoer afsny of die kraglewering of doeltreffende funksionering verswak.

Kommentaar

Republikein 2026-07-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer