Woord van die week

Sanet de Waal
skurwejantjie (skur-we-jan-tjie) s.nw., skurwejantjies.

Groot klipsalmander, Cordylus giganteus (fam. Cordylidae), tot 36 cm lank, wat 'n gewerwelde stert en harde skubbe het wat die lyf bedek, dikwels vir lang tye bewegingloos in die son sit en bak en veral i.d. Vrystaat en N.Kaap aangetref word; sin. skurwejantjie, sonkyker; ouvolk, ousopie (streektaal), skeurwyn (streektaal), skurwejak (ongewoon), skurwejan (minder gebruiklik): Skurwejantjies beskik oor die vermoë om hulself op te rol. Die ontwikkelaars stoot al die suikerbosse plat en die skurwejantjies en tarentale raak al hoe minder. (Beeld, 2 Sept. 2005, bylae, 5).

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer