Woord van die week

Sanet de Waal
mamparra s.nw., mamparras. (geselstaal; dikw. neerhalend; soms skertsend) Selde ook mampara, mompara en momparra. Iemand wat op 'n sekere terrein of in die algemeen gebrekkige kennis of vermoëns vertoon of oningelig is, of wat ongeskoold, onverfynd of onnosel is: Hengel kan sy nie. By die rivier, of dam, of see is sy 'n mamparra, en sy sal dáár altyd 'n mamparra bly (H. Steytler in Huisg., 8 Nov. 1957, 25). Die letterkundiges is nie sulke mamparras as wat Barnard wil voorgee nie (P.D. v.d. Walt in TGW, Mrt. 1971, 60



Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

Kommentaar

Republikein 2026-06-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer