Woord van die week
lorrie s.nw., lorries; lorrietjie. (n.d. Eng. lorry (1838)) Vragmotor: Lorries het van die dorp af gekom met vragte sement, verf, baksteen, kalk en so meer (J. Meintjes: Gister, 1963, 151). Ek het werk gekry by die munisipaliteit — ek dryf 'n lorrie (C. Barnard: Onrus, 1961, 127). Oom Jack sal sien, ek gaan eendag nog die lorrie bestuur (D.F. Malherbe: Kind, 1959, 131). Snags as die lorries die groente kom aflaai (A.P. Brink: Ambassadeur, 1963, 214). 'n Lorrietjie wat al taamlik oud en tam lyk (F.A. Venter: Kambro-kind, 1979, 222).
lor’riebestuurder s.nw., lor’riedrywer s.nw., lor’rievrag s.nw.
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
lor’riebestuurder s.nw., lor’riedrywer s.nw., lor’rievrag s.nw.
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie