Woord van die Week
Woord van die Week

Woord van die Week

roskam ww., het geroskam.

1 (veral t.o.v. perde) Afborsel en met 'n ysterkam versorg: Die elande word elke dag geroskam en rondgelei (Landbouweekblad, 5 Okt. 1965, 25). 'n String waens kom aan, getrek deur spanne geroskamde perde (M. Kuttel in B. Biermann: Rooiwyn, 1971, 154).

2 Streng teregwys: Iemand roskam oor sy gedrag.

Uit Nederlands roskammen, 'n samestelling van ros en kam, met ros wat “perd” beteken. Ros vir ? perd is verouderd in Afrikaans, maar ros kom nog voor in roskam en strydros.

Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

www.wat.co.za

Kommentaar

Republikein 2025-08-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer