Woord van die week
soetlik (soet-lik) b.nw., soetlike; soetliker, soetlikste.
1 a Wat oordrewe naïef, sentimenteel en soetsappig is: 'n Soetlike gedig, titel. Soetlike lektuur. ˜ Oordrewe sentimentaliteit … maak die wel en wee van die haweloses soetlik, en werk lesersidentifikasie teë (Die Burger, 23 Apr. 1997, E).
b Wat oordrewe lief, gaaf of vriendelik is: Die prokureur praat met 'n soetlike, vleiende stem (C.M. v.d. Heever: Held, 1948, 369). ``Ag, skattebol, het jy toe ietsie weggesit vir die laaikas wat ons wil koop?' fluister sy met 'n soetlike opslag van die oë (L. v.d. Westhuijzen, vert.: Vervolger, 1962, 69).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie