Woord van die week

Sanet de Waal
klamhandjie s.nw., klamhandjies.

1 Benaming vir 'n geitjie.

2 (dikwels Klamhandjies) Die duiwel. Opgeteken by Fraserburg en Carnarvon.

3 (dikwels klamhandjies) ‘n Spook. Opgeteken by Fraserburg en Clanwilliam.

spook s.nw., spoke; spokie.

Iemand of iets wat reeds dood is, wat in 'n vae, skaduagtige of wegsterwende gedaante aan lewendes verskyn; beenbek (geselstaal), drobeen (geselstaal), janghan (ongewoon), joggom (ongewoon), klamhandjie (ongewoon).

Kommentaar

Republikein 2025-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer