Woord van die week
Woord van die week

Woord van die week

Sanet de Waal
bokappel ww. (streektaal) Spring-spring beweeg; spring: Die uitgelate ryperd bokappel die werf uit. Die seun bokappel die gang af.

afslaap ww. Deur slaap kwytraak: Jy moet al jou kwellings, sorge, bekommernis, kwaadheid, norsheid maar gaan afslaap. Die dronkaard wat sy roes afslaap.

jou stêre (alie, as, bas, dinges, gat, stêrre) lê en afslaap Baie lank of tot laat in die dag lê en slaap: Hier lê jy jou stêre en afslaap en kyk hoe lyk die tuin! (J. Vosloo: Stories, 2003, 92).

Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

Kommentaar

Republikein 2025-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer