Woord van die week

Sanet de Waal
’n nuwe besem (nuwe besems) vee skoon: ’n Nuwe werknemer (nuwe werknemers) is ywerig, deeglik en doelgerig.

’n nuwe (skoon) blaadjie omslaan: Afsien van jou verkeerde weë. ’n Ou misdadiger slaan ’n nuwe blaadjie om (J.C. Ferreira: Strafprosesreg, 1967, 531).

nuwe lewe in iets blaas: ’n Vernuwing of verandering aanbring.

met nuwe oë: Op ’n nuwe manier, of met nuwe insig.

soos ’n nuwe (splinternuwe) sikspens: Baie mooi, nuut en netjies.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer