Woord van die week
rywiel s.nw., rywiele. (verouderd) fiets: Tim Whitehead, die winkelbaas se seun, was met sy rywiel --- die eerste in die buurt --- op pad huis toe (P.W. Grobbelaar: Poorters, 1984, 24). Hoeveel plesier en nut het ons van ons rywiele gehad! Vandag se fietse is ligter as dié waarmee ons gery het (Die Burger, 28 Okt. 1980, 7).
¦ In 'n ou bron: Net op tijd kom eindelik die man aan, hij spring van sij rijwiel af en loop haastig die trappe van die skip op (Brandwag, 1 Nov. 1912, vii).
(Rywiel was tot in 1966 die wetlike term vir ’n fiets in Nederlands)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie