Woord van die week
Woord van die week

Woord van die week

koorspen s.nw. Termometer om die temperatuur van die menslike liggaam te bepaal, met 'n klein bol van dun glas, 'n baie nou haarbuis voorsien van 'n vernouing net bokant die bol, en 'n kort steel met 'n beperkte skaalverdeling, gewoonlik tussen 35 en 37 °C, met 'n lensvormige voorkant om die kwikkolom te vergroot en die lesing te vergemaklik; sin. kliniese termometer, koorsmeter, koorspypie, koorstermometer: Dit is maklik genoeg om die temperatuur te meet en 'n koorspen te lees (J. v. Elfen: Babasorg, 1967, 246). Sy steek die koorspennetjie onder sy tong (Mikro: Winkelvenster, 1967, 49).



Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

Kommentaar

Republikein 2026-07-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer