Woord van die week

somatologie s.nw. (‹Gr. soma, ``liggaam' en logos, ``studie van')

Studie van die menslike liggaam, hetsy die studie van die anatomie en fisiologie daarvan, of as 'n vorm van alternatiewe geneeskunde, wat onder andere vel- en lyfsorg, masseerterapie, refleksologie, aromaterapie of holistiese terapie insluit: 'n Beroep in somatologie bied talle verskillende werksgeleenthede en kans om die entrepreneur in jou te ontwikkel. Jy kan jou eie salon of selfs eendag jou eie spa oopmaak. Jy kan selfs saam met plastiese chirurge en dermatoloë werk en vernames in rolprentproduksies grimeer (Beeld, 9 Mei 2010, Kalender, 5).

Kommentaar

Republikein 2025-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer