Woord van die week
pertjoema (per-tjoe-ma) bw. (geselstaal; ongewoon) (moontlik ‹Maleis (per)tjoema, ``vergeefs')
Verniet of vir niks: Wat Tippie self betref: hy het sy naam niem somer pertjoema ontvang nie. Deur die jare heen het dié naam soos klitsgras aan hom geheg omdat hy so stadig is en altyd op die tippie opdaag of klaarkry (E. v. Rooyen in Huisgenoot, 13 Mei 1977, 85). Jy probeer pertjoema hare kloof met die man in uniform. Die gatsometer praat soos ’n telbord en al wat jy eintlik kan sê, is: “Ek sal nooit weer nie” (Netwerk24, 29 September 2014, E).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie