Woord van die week

pampoenspook s.nw., pampoenspoke.

1 Uitgeholde pampoen met gate wat oë, 'n neus en 'n mond voorstel en wat dikwels 'n kers of ander ligbron binne het om 'n spookagtige indruk te maak: Die saal is versier in 'n Halloween-tema. Die swart kerse op die tafels is in pampoenspoke gesteek, en almal het volgens die tema aangetrek met gegrimeerde gesigte (Die Burger, 27 Maart. 1995, Jong Burger, 3).

2 Storie of gerug wat deur politici gebruik word om kiesers te beïnvloed, veral deur te oordryf of op gewaande gevare te wys.

Kommentaar

Republikein 2026-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer