Woord van die Week
Woord van die Week

Woord van die Week

babelas Ook soms babalaas, babbelas en babelaas.

I s.nw. Naar, siek gevoel met swaar hoofpyn nadat 'n mens te veel gedrink het; sin. haarpyn (verouderd), kater (verouderd): Baie mense, moes al met die gevolge van 'n babelas saamleef. Die dikkop-, droëmond-gevoel ná 'n aandjie uit, is natuurlik ook iets wat met die ouderdom ál erger raak (Volksblad, 26 Jan. 2013, E).

II b.nw. Naar, siek en kopseer deur die oormatige gebruik van drank: Hy is babelas.

Babelas is in Afrikaans herontleen aan Zulu ibabalazi uit Afrikaans bibberasie “een van die gevolge van oormatige drankgebruik.” In 1940 in Afr. opgeteken.





Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

www.wat.co.za

Kommentaar

Republikein 2025-06-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer