Woord van die week

Sanet de Waal
doleansie s.nw. Klag, klagskrif, beswaarskrif; veral die kerklike beweging van die dolerendes: Die Doleansie van 1886 (histories) (Nederlands), beweging deur die dolerendes onder leiding van o.a. drr. A. Kuyper en F.L. Rutgers as protes teen die leervryheid en kollegialisme in die Nederlandsche Hervormde Kerk, wat gelei het tot die stigting van die "Gereformeerde Kerken" in Nederland op grondslag van die Dordtse kerkorde.

doleer’ ww. (kerktaal) 'n Klag inbring; veral besware voel teen die onbeperkte vryheid in die Christelike leer deur modernes voorgestaan: Die dolerende kerke.

Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer