Woord van die Week
Woord van die Week

Woord van die Week

stiekem (stie-kem) bw. (geselstaal) Ook stiekempies. (‹Jiddish shtike, ``swyg' of ``stilswye')

1 Op 'n heimlike of skelm manier, of wat skelmpies plaasvind: Iemand stiekem beloer, ontmoet. Stiekem rook, wegglip. ˜ As jy afluister, doen jy dit stiekem. As jy meeluister, weet almal jy doen mee (Netwerk24, 11 Mrt. 2014, E).

? Ook byvoeglik: 'n KGB-verslag was stellig nie in die jare her só 'n stiekem gedoente as 'n keurverslag van 'n uitgewer nie (Beeld, 4 Apr.1993, 8).

2 Op ? ondeunde of stuitige manier, soms met 'n mate van geniepigsigheid: Stiekem konkel. ˜ ``Grietjie' soos haar studente haar (die dosent) altyd stiekem genoem het, het in 1928 na Suid-Afrika gekom (Sarie, 29 Apr. 1959).

Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

www.wat.co.za

Kommentaar

Republikein 2025-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer