Woord van die Week
kapot b.nw., kapotter, kapotste. (< Frans)
1 Onbruikbaar as gevolg van oudheid of langdurige gebruik, verslete of stukkend: My tikmasjien, pen, grassnyer is al kapot. Hy ry nog altyd met sy kapot ou kar rond.
2 Aan die einde van jou kragte, baie moeg, uitgeput: Kapot wees na 'n lang reis, 'n moeilike dag op kantoor, 'n siekbed, 'n uitputtende wedstryd. Jou kapot werk.
Kapot kom uit die Frans capot, 'n term in die kaartspel in die uitdrukkings faire capot, “kapot maak, al die pakkies wen”, en étre capot, “kapot wees, al die pakkies verloor”.
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
www.wat.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie