Woord van die week
skavuit s.nw., skavuite. (verouderd) (‹Ndl. schavuit) Skurk, skelm of skobbejak: Meester Poulle onderbreek by tye die gesprek met heftige uitroepe, soos ``die skavuite!', ``sedisieuse opruiery!' (A.J.B. de Klerk: Weg, s.j., 25). Cassandra se vriende is 'n kleurvolle multikulturele groep. Onnodig om te sê dat die vieslike skavuite nie bestand is teen Cassandra en haar lojale en ondernemende helpers nie (Burger, 30 Aug. 2000, 8).
In 'n ou bron: Ek weet dat jy 'n skavuit is; ek weet dat jy my aan die poliesie verkoop het, en ek sou liefs jou nek omdraai, maar ek het jou nodig om jou en my fortuin te maak (E.B. Grosskopf in Huisgenoot, 8 Febr. 1929, 13).
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
www.wat.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie