Woord van die week
Slaptjip
(slap-tjip) s.nw., slaptjips;
slaptjippie (gew. i.d. mv.).
Lang, dunnerige en min of meer reghoekige stukkie aartappel wat in olie gediepbraai of gebak word en wat uitgehaal word voordat dit hard of bros is, en wat dikwels as ’n warm bykos bedien word, veral saam met vis; sinoniem slapskyfie, tjip en dikw. sinoniem met skyfie:
Ons het ’n lekker ongesonde bord vis en slaptjips vir middagete geniet. (As jy so ver fietsgery het, voel jy nie skuldig oor een enkele slaptjip nie!) (Rapport, 25 Mrt. 2010, bylae, 24).
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie