Woord van die Week
spierwit b.nw. (spier: ‹Middelnederlands spier, ``wit vleis, veral die borsvleis, van pluimvee') Selde ook, geselstaal, spierewit.
Baie, heeltemal of helder wit: 'n Spierwit blom, duif, perd, trourok. Spierwit kapok, kneukels, linne, sand, sneeu, wolke. ˜ Kleintyd het ek spierwit hare gehad en was maar 'n blekerige dogtertjie (Oggendbl., 17 Mei 1979, 6). Die bed was altyd keurig opgemaak met spierwit bo- en onderlakens, 'n gehekelde deken en groot kussings met gehekelde valle (A. Blignault: Granaat, 1970, 31).
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
www.wat.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie