Woord van die week
pierewaaier s.nw., pierewaaiers. Man, dikwels welgesteld of van aansien, wat plesier najaag, o.a. deur te fuif of te flankeer, soms sonder inagneming van konvensionele gedragsreëls of moraliteit: Prof. B. het homself verweer teen bewerings dat hy 'n pierewaaier is en dat hy sy internasionale aansien misbruik om sy gewildheid by vroue te bevorder (Suidwester, 18 Nov. 1970, 5). Almal het die prinses gewaarsku haar aanstaande is maar net nog 'n pierewaaier (Huisgenoot, 1 Jan. 1981, 82).
Uit Ndl. pierewaaien (1666), 'n seemanswoord wat tot die volkstaal deurgedring het, uit Russies pirowát “fuif', 'n afleiding van pir “feesmaal”.
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
wat.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie