Woord van die week
Woord van die week

Woord van die week

snoeshaan (snoes-haan) s.nw., snoeshane.

1 Verwaande en aanmatigende manlike persoon: So 'n verwaande ou snoeshaan … Wie of wat dink hy is hy? (P. de Bruyn: Maan, 1973, 97). Oom Hendrik … het … 'n hele paar jong snoeshane, wat gemeen het dat hul kanse (om die vrou te kry) so goed gestaan het, die loef afgesteek (W.J. Conradie: Sketse, 1943, 62).

2 Eienaardige manlike persoon wat gereeld vreemd optree.

Kommentaar

Republikein 2026-07-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer