Woord van die week
kiep s.nw. en tussenwerpsel (dikw. in die herhalingsvorm kiep-kiep)
Hoender, of uitroep waarmee hoenders aangelok of verwilder word.
As s.nw. uit Nederlandse streektaal kiep. As tussenwerpsel geleen uit Ndl. kiep. Nederlandse streektaal s.nw. kiep 'hoender' het uit die tusssenwerpsel kiep ontwikkel. Eerste optekening in Afr. as tussenwerpsel in Patriotwoordeboek (1902) in die vorm kiip-kiip.
Vanuit Afr. in S.A. Eng. in die vorme kip-kip (1907) en kiep, kiep (1934).
In moderne Nederlands het kip die betekenis van " hen" of " hoender" . Nederlands het hoen as ekv. en hoender as mv. terwyl Afrikaans die Ndl. meervoudvorm hoender as enkelvoud geneem het.
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie