Woolies verkoop nou plantwors teen R200 per pak
Beyond Meat gebruik gevorderde wetenskaplike metodes om worsies en hamburgerpatties van plantoorsprong te vervaardig.
Petrus Malherbe – Woolworths Food is die eerste supermark in Suid-Afrika wat van Beyond Meat se “alternatiewe vleisprodukte” verkoop.
Maar enige van dié produkte gaan ’n groot gat in jou weeklikse kosbegroting laat.
Vier Beyond Meat-worsies kos byvoorbeeld R200.
Beyond Meat, ’n Amerikaanse onderneming wat in Mei 2019 genoteer is, gebruik gevorderde wetenskaplike metodes om onder meer worsies en hamburgerpatties van plantoorsprong te vervaardig.
Wat Beyond Meat se produkte van ander, soortgelyke vegatariese opsies onderskei, is dat dit so na aan ware vleisprodukte lyk en proe as kan kom.
Verskeie restaurante in Kaapstad, Johannesburg en elders bied reeds van Beyond Meat se produkte op die spyskaart, maar Woolworths is die eerste supermark wat die rou worsies en patties verkoop.
Woolworths het in April verlede jaar begin om Beyond Meat-burgers in sy kafees te verkoop. Volgens ’n woordvoerder het kliënte kort voor lank begin vra of hulle die rou produkte in Woolworths Food kan aanskaf.
Die winkelgroep het in November begin om van Beyond Meat se produkte aan te bied.
Die prys daarvan is egter hemelhoog, deels omdat dit vanuit Amerika ingevoer word.
Twee hamburgerpatties van 113 g elk kos R130; die worsies kos R200 vir ’n pak van vier.
Woolworths bied twee soorte worsies, die “oorspronklike” Beyond Sausage en ’n “hot Italian”-variant.
Maar koop Suid-Afrikaners dié peperduur vleis gemaak van plante?
Woolworths wou nie spesifieke verkoopsyfers verklap nie, maar ’n woordvoerder sê die produkte word tot dusver “goed ontvang”.
Ander aanlyn vegetariese winkels verkoop ook van Beyond Meat se produkte basies teen dieselfde prys as Woolworths.
Só maak Beyond Meat vleis uit plante
Beyond Meat gebruik meer as 20 bestanddele om een pattie te maak wat glo so na aan ware vleis proe as wat menslik moontlik is.
Die presiese resep is egter ’n goed bewaarde geheim.
Die maatskappy dui wel aan dat sy produkte onder meer uit water, proteïne van plante (soos ertjies, boontjies of rys), kanola- en kokosneutolie bestaan.
Daarbenewens bevat dit ook sellulose van bamboes, sout, sonneblomolie, gliserien, gis, aartappelstysel, sitrusekstrak, en verskillende sure. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie