Wood tweede in Canon Ope
Gholf
Tielman van Lill
Chris Wood van Namibië het onlangs aan die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse Gestremde Gholfvereniging (SADGA) se Canon Ope in KwaZulu-Natal deelgeneem
Ná die tweede en finale dag en 36 putjies was Woods gelyk boaan met Robin Singh op 160 houe. Singh, wat 'n geamputeerde regterbeen het, ken The Woods-baan by die Mount Edgecombe-buiteklub by Umhlangha soos die palm van sy hand.
Wood het die eerste dag met 81 houe afgesluit, terwyl Singh met 80 eerste was. Die tweede dag het Wood met 79 geantwoord om Singh (80) met een hou te klop.
Met die verpligte uitspeelronde tussen die duo, het Wood 'n monster dryfhou gespeel en teen 'n boom by die eerste putjie beland. Wood sê hy het geen ander keuse gehad as om 'n hou na die putjie te waag nie en beland toe in die water en laat so die deur vir Singh oop. Singh, wat met een been speel, het sy kans benut en vanaf 45 voet die balletjie netjies in die putjie gesink om sy eerste titel te wen.
Woods het aan Republikein gesê: “Ek moet twee toernooie speel om vir die finaal by Zwartkop te kwalifiseer. Ek gaan beslis by King David afslaan om te wys my tweede plek by The Woods was nie 'n vloekskoot nie. Ek moet onder die voorste vyf eindig om in die finaal te kan speel.
“Die spelers soos ek wat reeds op die wêreldranglys verskyn, moet aan hierdie toernooie deelneem om ranglyspunte te versamel. Dis al hoe jy in Europa en elders in die wêreld kan gaan deelneem, wat gewoonlik net op uitnodiging gebeur.
“Ons is besig om 'n gholfvereniging te stig vir spelers wat geamputeerde ledemate het, en dan sal ons nie meer deel van SADGA wees nie. Ons wat ledemate in ongelukke, of een of ander wyse verloor het, is nie gestremd nie en verdien ons eie gholfvereniging wat na die spelers se behoeftes kan omsien. Ons behoeftes en klassifikasie verskil hemelsbreed van gestremdes s'n.
“Die Amerikaners het suksesvol hul geamputeerde spelers en gestremde spelers van mekaar geskei. Elkeen het sy eie vereniging. Ons sal dan by die res van die wêreld inskakel en daar sal 'n wêreldranglys wees waarvoor die ouens kan werk.
“Die potensiaal van Afrika se geamputeerde gholfspelers moet ontgin word en dis waarheen ek mik. Daar is nog niks vir hulle gedoen nie. My droom is om jaarliks minstens twee internasionale toenooie in Namibië aan te bied. Die Rössmund-gholfbaan is ideaal en dan is daar die Windhoek Buiteklub wat van internasionale gehalte is.
“Ek het die regte mense aan my kant om sukses op dié gebied te behaal deur geamputeerde spelers te ontwikkel en die geleentheid te bied om saam met mense in hul eie klas te kompeteer.”
Die tweede Canon Ope vind op 26 September by die King David-gholfklub in Mowbray, Kaapstad, plaas waar Wood weer sy stem gaan dik maak. Die derde ope is in Uitenhage (16 Oktober) en die finaal sal by die Zwartkop-gholfklub (6 November) in Gauteng plaasvind.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie