Wonde gelek ná Pumas pak slae uitdeel

Die onervare Nami­biërs kon nie daarin slaag om hul balbesit te beskerm nie.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die reis na Nelspruit was nie heeltemal 'n futiele oefening vir Namibië se rugby nie, ondanks die wegholtelling van 106-0 waarmee die ISG Pumas Saterdag teen die verswakte Windhoek Draught Welwitschias geseëvier het.

So sê mnr. Johan Diergaardt, die afrigter aan die stuur van wat in effek 'n Namibiese tweede of derde span vir die Super­Sport-uitdaagwedstryd was terwyl die nasionale span terselfdertyd in Uruguay op toer is.

Die Pumas is die heersende titelhouer in die kompetisie en onoorwonne voorloper, wat reeds met heelwat sterker spanne klaargespeel het.

Saterdag in die Mbombela-stadion was die gasheerspan rustyd reeds met 49-0 voor. Die Pumas het van hul minder gereelde spelers speelkans gegee met een wedstryd oor voor die semifinaal, maar het gedissiplineerd gebly om teen swak opposisie 16 drieë in te ryg.

“Dit het nie so goed gegaan nie. Om eerlik te wees, die oormag was te groot,” sê Diergaardt.

“In sekere aspekte het ons beter gespeel as teen die Luiperds. Ons skrums was meer solied as verlede week en lynstane ook, maar daarna kon ons nie daarin slaag om die bal vir enige lang periode te behou nie. Wanneer die Pumas die bal afgeneem het, het hulle drieë gedruk en was ons maar weer terug onder ons eie pale.

“Daar is wel goeie dinge wat uit die wed­stryd gekom het. Dit was blootstelling vir spelers wat tevore net klubrugby gespeel het, maar wat potensiaal het en hand opgesteek het dat hulle in die toekoms kan ontwikkel.

“Dit is die moeite werd om te sien hoe spelers onder sulke omstandighede karakter wys. Die Pumas het 'n baie goeie span. Hulle speel baie fisiek en direk en ons het eenvoudig nie die mas opgekom daarteen nie.

“Geen van ons individuele spelers het heeltemal uit die bus geval nie. Ek wil nie name uitsonder nie, maar daar was wel ouens wat onder die omstandighede goed teruggeveg het.

“Uiteraard het jy vyftien spelers op die veld nodig om konstant kompeterend te wees. Vyf of ses of tien op 'n slag is nie goed genoeg nie, want teen die tempo waarmee die Suid-Afrikaanse provinsiale spanne speel, is een verbroude duikslag genoeg om punte teen jou te verseker. Dit was 'n harde leerskool.”

Die Pumas se losskakel Cobus Marais het 27 punte vir die dag versamel, met 'n drie en elf doelskoppe.



VALKE AFGEWAG

Diergaardt sê daar was nie ernstige beserings aan die Namibiese kant nie.

Hy is ook hoopvol dat die samewerking van die klub­afrigters in die premierliga sal voortgaan, sodat die Welwitschias se span vandeesweek so goed as moontlik gekies kan word en voorberei met die oog op hul laaste wedstryd in die kompetisie, teen die Valke in Windhoek.

Die premierliga-wed­stryd tussen FNB Wanderers en FNB Unam wat komende naweek sou plaasvind, is byvoorbeeld reeds uitgestel om op 27 Julie gespeel te word.

Die Welwitschias het verlede jaar 'n seldsame oorwinning op Suid-Afrikaanse bodem behaal deur die Valke in Kemptonpark met tien punte (34-24) te verslaan.

Die Oos-Gautengers het egter vanjaar reeds twee uit hul ses wedstryde gewen – teen die Griffons en Luiperds – en bevind hulle in die vyfde plek in die noordelike groep (13 punte), teenoor die Namibiërs se puntelose agtste plek aan die onderpunt.

'n Magtige ommeswaai word dus vereis indien die Welwitschias hoop om binne 'n week die Valke se appelkar om te smyt.

• Namibië se nasionale span het intussen via Johannesburg en Sao Paulo, Brasilië, in Uruguay se hoofstad Montevideo aangekom vir hul deelname aan die Wêreldrugby Nasiebekertoernooi.

Kaptein Johan Deysel en sy manne speel môre teen die Argentynse A-span, voor hul latere wedstryde teen Uruguay en Rusland.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%