Wond toegewerk met lem binne
'n Man eis N$100 000 van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste as skadevergoeding vir pyn en lyding en enige toekomstige mediese hulp.
Henriette Lamprecht – 'n Man met 'n meswond waarin die lem afgebreek het en wat net so by 'n distrikshospitaal in die Noorde toegewerk is, dagvaar die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste vir derduisende Namibiese dollars.
Buiten die ministerie is die ander respondente die superintendent van die Omuthiya-distrikshospitaal en ene dr. Dilubenzi wat glo die wond toegewerk het.
Mnr. Victor Nepela sê in hofstukke hy het op 28 November 2018 by die Omuthiya-distrikshospitaal met 'n meswond in sy linkerboarm aangekom.
Hy is dieselfde dag ontslaan nadat Dilubenzi hom vir 'n “kort wyle” gesien en die wond toegewerk het.
Volgens Nepela was hy vanaf 30 November tot 4 Desember verskeie kere weer by die hospitaal omdat hy nie sy arm sonder “ontsettende pyn” kon beweeg nie.
In dié tyd beweer hy het hy geen ondersteuning of hulp van Dilubenzi ontvang nie.
Nepela is later glo noodgedwonge na die Onandjokwe-staatshospitaal vir hulp. Hier is bevind die steekwond is toegewerk sonder dat die lem verwyder is wat daarin afgebreek het.
Hy eis nou N$100 000 van die ministerie as skadevergoeding vir pyn en lyding en enige toekomstige mediese hulp.
Regter Hosea Angula het intussen opdrag gegee dat die partye voor hom moet verskyn om te verduidelik waarom daar die afgelope ses maande geen vordering in die saak was nie en dit nie van die hofrol verwyder moet word nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie