Wolk hang oor SA se groei in 2019
Wolk hang oor SA se groei in 2019

Wolk hang oor SA se groei in 2019

In sy ontleding sê die Wêreldbank dat die vooruitsig vir die wêreldekonomie in 2019 verdonker het.
Hanlie Stadler - Suid-Afrika se ekonomie gaan dalk in 2019 met ’n tam 1,3% groei. Dié voorspelling deur die Wêreldbank is die mees pessimistiese voorspelling nóg oor die land se groeikoers vir die jaar.

Die Reserwebank het in November nog ’n optimistiese 1,9% voorspel en die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het in Oktober 1,4% voorspel.

Die Wêreldbank se nuutste voorspelling, vervat in die tweejaarlikse Wêreld- Ekonomiese Vooruitsigte, wat Dinsdag laat in Washington uitgereik is, is 0,5 van ’n persentasiepunt laer as die instelling se vorige voorspelling, in Junie 2018.

Die Wêreldbank het sy groeiverwagting vir 2019 ook met 0,5 van ’n persentasiepunt tot 0,9% verlaag. Dis steeds meer optimisties as die IMF se 0,8% en die Reserwebank se 0,6%.

Vir 2020 het die Wêreldbank sy groeiverwagting met 0,2 van ’n persentasiepunt tot 1,7% verlaag, teenoor die Reserwebank se 2%.

Die Wêreldbank het vir die eerste keer ook ’n voorspelling vir 2021 gewaag, van 1,8%.

Vir die hele Afrika suid van die Sahara voorspel die Wêreldbank 2019-groei van 3,4%, en in 2020 en 2021 onderskeidelik 3,6% en 3,7%. Die verwagting vir 2019 en 2020 is met 0,1 van ’n persentasiepunt verminder.

Vir die hele wêreld voorspel die Wêreldbank 2019-groei van 2,9%, en in 2020 en 2021 albei 2,8%. Die verwagting vir 2019 en 2020 is ook met 0,1 van ’n persentasiepunt verminder.

VOORUITSIG VERDONKER

In sy ontleding sê die wêreldliggaam: “Die vooruitsig vir die wêreldekonomie in 2019 het verdonker.

“Internasionale handel en investering het verswak. Handelspanning bly hoog. Verskeie groot ontluikende markte het verlede jaar beduidende finansiële druk beleef.”

“Teen dié uitdagende agtergrond, gaan groei in ontluikende markte en ontwikkelende ekonomieë na verwagting in 2019 plat bly. Die versnelling in ekonomieë wat swaar op hulpbronuitvoer steun, gaan na verwagting traer wees as waarop gehoop is. Groei in baie ander ekonomieë gaan na verwagting verlangsaam.”

Die Wêreldbank sê die verhoging van rentekoerse in baie ontwikkelde lande verwyder ’n faktor wat die herstel van die wêreldwye finansiële krisis van 2007-’08 ondersteun het.

“Hoër skuldvlakke het sommige ekonomieë, veral armer lande, kwesbaarder gemaak vir stygende wêreldwye rentekoerse, verskuiwings in beleggersentiment, of wisselkoersskommelinge.”

Die Wêreldbank is ook diep bekommerd oor meer gereelde “weerverskynsels” wat kospryse erg kan laat skommel en “armoede kan laat verdiep”.

Die liggaam waarsku ontluikende lande om hulle op “turbulensie” voor te berei en stappe te doen wat ekonomiese momentum kan behou en langtermyngroei kan bevorder.

Kristalina Georgieva, uitvoerende hoof en van Februarie af ook waarnemende president nadat Jim Yong Kim Maandag bedank het, sê in ’n verklaring: “Om momentum te behou, moet lande in mense belê, inklusiewe groei bevorder, en veerkragtige samelewings bou.” – Netwerk24

GRYSBLOK

Wêreldbank se voorspellings vir 2019

Die Wêreldbank se verwagting vir ekonomiese groei in 2019. In hakies is die persentasiepunt wat dit afwyk van die instelling se vorige voorspelling, in Junie verlede jaar.

· Wêreld: 2,9% (-0,1)

· Ontwikkelde lande: 2% (0)

· Ontluikende en ontwikkelende lande: 4,2% (-0,5)

· Brics: 5,2% (-0,2)

· Afrika suid van die Sahara: 3,4% (-0,1)

· Suid-Afrika: 1,3% (-0,5)

· VSA: 2,5% (0)

· Eurogebied: 1,6% (-0,1)

· China: 6,2% (-0,1)

· Indië: 7,5 (0)

· Rusland: 1,5% (-0,3)

· Brasilië: 2,2% (-0,3)

· Nigerië: 2,2% (0)

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.93/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.97% | Zinc US$ 2 904.10/T UP 1.74% | Brent Crude Oil US$ 89.02/BBP UP +0.14% | Platinum US$ 912.78/OZ DOWN -0.0034 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.93/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.97% | Zinc US$ 2 904.10/T UP 1.74% | Brent Crude Oil US$ 89.02/BBP UP +0.14% | Platinum US$ 912.78/OZ DOWN -0.0034