‘Wolf in skaapsklere’ voor vir Nedbank-diefstal
'n Sekuriteitswag by die Nedbank-tak op Otjiwarongo is een van die vier verdagtes wat aangekeer is vir die diefstal van nagenoeg N$3 miljoen uit dié bank se kluis.
Die vier mans was Maandag in die Otjiwarongo-hof en word daarvan beskuldig dat hulle verlede week deur 'n venster toegang tot die bank verkry en daarna die kluis oopgebreek het.
Die 37-jarige sekuriteitswag, mnr. Natangwe Shikulo, het saam met mnre. Petrus Shipopyeni (43), Immanuel Pandeinge (35) en Hophni Amakali (43) op klagte van huisbraak met die opset om te steel en diefstal verskyn.
Die staatsaanklaer, mnr. Leonard Tjiveze, het borgtog teengestaan en landdros Yvette Fredericks het gelas dat hulle in aanhouding bly. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie