'Woestynpsalm' nou in pylvak

18 June 2021 | Byvoegsels
Bosman Films, 'n jong produksiemaatskappy in die Namibiese filmbedryf, het opgewonde aangekondig dat produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm, onlangs afgehandel is.

Woestynpsalm is 'n vollengte Afrikaanse fliek wat in Namibië afspeel. Die 22-jarige Namibiese filmmaker Ben van der Walt is die skrywer en regisseur van dié rolprent, wat losweg op 'n ware verhaal baseer is.

Dit vertel die storie van Nadia, 'n jong vrouedominee wat onder toenemende druk van vriende en kollegas geplaas word om haar lewenspad as 'n geloofsleier te heroorweeg en eerder 'n meer tradisionele rol in die gemeenskap aan te neem.

Ná 'n intensiewe finansieringsveldtog om die kostes van hierdie onafhanklike fliek te dek, het produksie vir Woestynpsalm uiteindelik op 26 April vanjaar begin.

The filmspan het onder die leiding van Van der Walt en twee van sy medestudente – Rex Sang (21), die kinematograaf van die VSA, en Anna Lee (20), die vervaardiger uit Nederland – gewerk. Die trio het in 2018 as eerstejaar-filmstudente aan die Kanbar Instituut vir Film en Televisie van New York Universiteit se vooraanstaande Tisch Skool vir Kunste ontmoet.



Plaaslike talent

Voor die kameras het 'n plaaslike rolverdelingspan hul toneelspeltalent ten toon gestel. Die hoofkarakter, Nadia Bosman, word deur die Namibiese aktrise en skoonheidskoningin Andeline Wieland (25) vertolk. Saam met haar sal welbekende Namibiese gesigte soos Pieter Greeff en Benjamin Smith op die grootskerm pronk.

Verfilming het hoofsaaklik in Windhoek, Solitaire, op die Spreetshoogte-pas en langs vele skilderagtige Namibiese paaie plaasgevind.

“Produksie was nog meer uitputtend as wat ons ons voorgestel het,” vertel vervaardiger Anna Lee.

“Ons het ongelooflik baie materiaal gehad om op te neem en skrikwekkend min tyd om dit te doen. Tydens die eerste 17 dae van produksie het ons kameras omtrent sonder ophou gerol.”

Van der Walt brei uit: “Produksie was nie maklik nie, maar dit sou geheel en al onmoontlik gewees het sonder die steun van vriende en familie, die publiek, die Namibiese media en ons ongelooflike fliekvennote – Netwerk Namibië, Gondwana Collection en die Nictus-groep. Julle steun het ons gedra – nie net finansieel nie, maar ook op 'n kreatiewe front.”

Lee beaam: “Ek is baie dankbaar vir die vriendelikheid van mense, hetsy vriend of vreemdeling, wat vir ons met die verloop van hierdie projek ondersteuning en hulp gebied het – deur as ekstras te dien, rekwisiete, kos en selfs hul huise as verfilmingsvenues aan te bied. Aanvanklik was ek nie met die Namibiese manier van doen vertroud nie, maar ek het vinnig agtergekom hoe onselfsugtig die mense hier is. Vir Woestynpsalm het dit die wêreld se verskil gemaak.”

Produksie vir Woestynpsalm het op 29 Mei amptelik tot 'n einde gekom.

Rex, die kinematograaf, sê ten slotte: “Ons het 'n lang pad gestap sedert die pre-produksieproses afgeskop het. Ten spyte van ons klein span dink ek ons het die meeste van ons doelwitte vir Woestynpsalm bereik.

“Dit is onnodig om te sê, maar ek is ongelooflik trots op almal wat deel van die proses was en baie opgewonde om met die volgende fase van die proses te begin: Post-produksie, waar ons al die rou opgeneemde materiaal sorgvuldig aanmekaar sal stik om ons finale produk voort te bring.”

Woestynpsalm se première en vrystelling word vir Oktober beplan. Presiese datums sal nog aangekondig word. Hou die film se Facebook- en Instagram-blaaie dop om op hoogte te bly van die nuutste verwikkelinge.



ROLVERDELING

• Nadia – Andeline Wieland

• Petrus – Simon Andreas

• Armand – Willem Dykema

• Hensen – Benjamin Smith

• Nico – Kris Barnard

• Anton – Leon Janse van Rensburg

• Pieter - Pieter Greeff

Soortgelyk

 

Veiligheidswag agter tralies vir beweerde diefstal

1 uur gelede | Misdaad

Die sekuriteitswag wat landwyd gesoek is nadat hy met met 'n reuse bedrag kontant verdwyn het, is vasgetrek. Ricardo Oxurub (35), 'n sekuriteitswag van G4...

Kampplekke op Shark Island eersdaags weer oop

1 uur gelede | Toerisme

Die opknap van Namibia Wildlife Resorts (NWR) se kampplekke op Shark Island sal op 8 Oktober voltooi word. Die opknappingswerk sluit die ablusieblokke, die veldkombuis...

Nictus sê oor brand op Tsumeb

2 ure gelede |

Die oorsaak van die brand by Nictus se tak op Tsumeb is nog nie vasgestel nie. Volgens 'n verklaring het die brand wat gister ontstaan...

Nictus op Tsumeb se stoorkamer in brand verwoes

3 ure gelede |

'n Brand het gisteraand in 'n stoorkamer van Nictus se tak op Tsumeb ontstaan en alle voorraad verwoes. Die stoorkamer is reg agter die winkel...

Nuwe wet oor drank sal belasting, werk sny

12 ure gelede | Regering

Augetto GraigMiljarde dollar se staatsinkomste en honderde werksgeleenthede is op die spel, sou die regering deurdruk met die omstrede konsepwet op die voorkoming en behandeling...

Ou polisiebakkie kry nuwe baadjie

12 ure gelede | Gemeenskap

Erwin LeuschnerDit lyk soos ’n splinternuwe polisievoertuig, maar dié bakkie het reeds meer as 200 000 kilometer gery. Verskeie private maatskappye op Swakopmund het die...

Weer vir 23 September 2021

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die //Kharas-, Khomas- en Omahekestreke. Elders gedeeltelik bewolk en baie warm.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle...

Fontein van vullis

12 ure gelede | Regering

Elvira HattinghGrootfontein se vullisverwyderingslorries kon vir ‘n tweede week nie die dorp se rommel verwyder nie. Dit is omdat die voertuie nie oor geldige lisensieskywe...

Dippenaar-saak in limbo

12 ure gelede | Howe

Erwin LeuschnerByna sewe jaar ná 'n grusame motorongeluk naby Hentiesbaai wat die lewens van ses mense geëis het, moet 'n verhoordatum vasgestel word in die...