Woeste wind skep bakkie
'n Dubbelkajuitbakkie met 'n Gauteng-registrasienommer het vanoggend in die strandmeer by Walvisbaai beland toe die sterk oostewind die voertuig, waarvan die handrem nie opgetrek was nie, dit die water in gedruk het.
'n Foto van die voertuig in die vlak water sirkuleer tans op sosiale media. Dit is nie bekend wie dit geneem het nie.
Adj.komm. Erastus Iikuyu, woordvoerder van die polisie in die Erongostreek, het by navraag gesê hy dra kennis van die voorval. Hy sê aangesien niemand beseer is nie, is dit nie by die polisie aangemeld nie.
'n Stormsterk wind, gepaard met warm bergwindtoestande, hou kusbewoners tans agter toe deure. Dié wat die buite waag, moet die sandstorms trotseer.
Hierdie toestande sal volgens die weerkantoor nog tot Saterdag voortduur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie