Woest wen Rössmund Ope met sewe houe
Die 25-jarige Omeya-speler het die titel oorgeneem wat verlede jaar deur Wilna Bredenhann gewen is.
Andrew Poolman - 'n Nuwe kampioen is bekroon ná die afgelope naweek se 2019 Rössmund Vroue Ope-kampioenskap by die Rössmund-klub buite Swakopmund, wat vir die vyfde jaar op 'n streep deur die Swakopmund Plaza Hotel geborg is.
Vir die 23 vrouespelers het spel Saterdag kort ná 11:00 begin op 'n netjies voorbereide baan en in gunstige weer. Die aanvanklike koue en noordewind het gou gewyk en die res van die dag was perfek.
Die verdedigende kampioen Wilna Bredenhann het dag een met 'n bruto telling van 86 houe voltooi, teenoor die ontluikende Wilmari Woest wat 85 bruto aangeteken het.
In die B-afdeling was Dina Holtzhausen (92 houe) ses voor haar naaste uitdager, terwyl Gaby Adams in beheer van die stableford-kompetisie was met 37 punte en 'n voorsprong van drie houe.
Sondagoggend het die vroue in 'n koue noordewindjie hul spel hervat. Op die voorloperbord was die kompetisie aanvanklik kop aan kop, totdat Woest besluit het dit was haar dag vir 'n oorwinning. Met 'n puik bruto ronde van 81 het sy die titel met 'n voorsprong van agt houe beklink.
Woest (25), wat sowat twee jaar gelede na Windhoek teruggekeer het ná haar studentedae op Potchefstroom, maak sedertdien opgang in die plaaslike spel en het verlede maand ook die Omeya Ope op haar tuisbaan gewen.
Dit was Woest se derde oorwinning in 'n toernooi van die Namibiese Amateur Gholfunie (NALGU) vanjaar. Sy het in Junie ook die Klipdrift Gold Cup by die Windhoek Buiteklub gewen op haar nooiensvan Walters, voordat sy in Augustus getroud is.
Woest het aan die koerant vertel: “Ek het as dogtertjie so bietjie gholf gespeel, maar het belangstelling daaarin verloor en daarna opgehou omdat my fokus toe op skool en hokkie was.
“Toe ek my man Pieter Woest, 'n professionele gholfspeler, in 2017 ontmoet het, was gholf 'n gesamentlike belangstellingsveld en 'n lekker aktiwiteit wat ons saam kon doen om tyd saam te bestee.
“Ek het in Januarie 2018 weer my gholfstokke afgestof en in die NALGU-toernooie begin speel.
“Laas naweek se toernooi was vir my baie lekker omdat Rössmund so 'n verskriklike mooi, lekker en uitdagende baan is om te speel.
“Dit was in sommige stadiums senutergend omdat die kompetisie onder die vroue so goed is. Ek het egter kalm probeer bly en het niks verander aan my spel nie. Ek sien uit na die volgende toernooi in 2020.”
Woest se voorgee-indeks is tans 6.5.
Holtzhausen het op dag twee kalm gebly vir nog 'n goeie tweede ronde, wat die “ou tannies” Gaby Adams en Lynne van der Walt oorgelaat het om sake in die stableford-afdeling uit te spook.
Mnr. Johan Kok, hoofbestuurder van die Swakopmund Plaza Hotel, het bevestig dat hul ondersteuning aan vrouegholf sal voortduur.
Me. Brenda Lens, die president van NALGU, het Kok bedank vir die ondersteuning aan die sport en bydrae om die toernooi 'n groot sukses te maak, asook aan die Rössmund-klub se span agter die skerms en al die spelers wat deelgeneem het.
Die voorste uitslae van die 2019 Swakopmund Plaza Rössmund Ope:
Algehele wenner (kampioen): Wilmari Woest, 166 bruto.
Algehele netto wenner: Dina Holtzhausen 160.
A-afdeling bruto wenner: Wilna Bredenhann 171; Netto wenner: Ruanda de Beer 164.
B-afdeling bruto wenner: Evelyn Paulino 200; Netto wenner: Suné du Plooy 175.
Stableford-afdeling: 1 Lynne van der Walt 68 punte; 2 Gaby Adams 64.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie