Woema nou broodnodig
Nie net in Namibië nie, maar waarskynlik baie dele van die wêreld, heers ‘n tamheid wat baie lanklaas ervaar is.
Ná die maandelange onsekerheid en verwoesting wat die omstrede Covid-19-pandemie gesaai het, is nuwe energie en optimisme noodsaaklik. Vir ons ekonomie, gemeenskappe en oral elders.
Woema ontbrand selde spontaan. Dit moet aangesteek word.
Die reën lig darem gemoedere, maar as ons byvoorbeeld nuwe lewe in plaaslike en streeksdemokrasie wil blaas, sal dit nugter, aktiewe en kritiese kiesers verg wat nie op stemdag, 25 November, gaan wegbly of geflous word nie. Hierdie toets is om die draai.
Baie jaarlikse geleenthede is vanjaar – om verstaanbare redes – tot 2021 uitgestel. Teen die agtergrond is Namibia Media Holdings begeesterd en trots om (al is dit vyf maande ná die beplande datums) volgende week wel die land se 21ste Toerisme Ekspo aan te bied.
Met groen energie as tema is die doel om herlewing in toerisme en verwante bedrywe te onderskraag – binne ‘n Covid-19-veilige omgewing. Ons wil hierdie woema met almal deel en bedank elke vennoot en uitstaller by voorbaat vir hul ondersteuning.
Kom kuier saam, of woon die fees digitaal by as jy nie in Windhoek is nie.
Elke uitdaging verg kreatiewe, nuwe oplossings eerder as wag en kyk. Ons moet hierdie energie aansteeklik maak in ‘n wêreld wat eenvoudig weer die kenne en koppe móét lig.
So sê ander
27 Oktober 2020
Lang herstel wag, maar veldbrande open ook harte
Die verwoestende veldbrande wat dele van die Wes-Vrystaat en ook die Vaalharts-streek in die Noord-Kaap getref het, was ná die droogte, plaasaanvalle en -moorde (ook die onlangse Senekal-gebeure) en die gewone politieke en ekonomiese aanslag die allerlaaste ding wat ons streek se beleërde landbougemeenskap nodig gehad het.
Saam met die vlammehel, wat na raming minstens 200 000 ha veld verwoes en vee en wild doodgebrand het, en skade van miljoene rande, het die vuurramp tog die sluise van welwillendheid geopen en kon landbouers in hul uur van nood troos en moed daaruit put.
Die aanbiedinge van hulp met fone wat onophoudelik gelui het en die stroom vragmotors met voer wat net opgedaag het, getuig daarvan hoe na die landbou-gemeenskap aan Suid-Afrikaners se hart lê.
Ondanks die hulp staan die geteisterde boere voor enorme uitdagings. ’n Lang herstelpad wag – onder meer by Boshof, waar 80% van die plase afgebrand is. Dit bly te siene of die regering daadwerklik gaan reageer op die oproepe om die verbrande dele tot rampbestuursgebied te verklaar.
Alle organisasies, hetsy vir brandbestryding, georganiseerde landbou of noodleniging, en individue wat ingespring het, verdien dank en waardering.
• VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie