Woelige vingers reg vir Fifa
Elektroniese sport
Tielman van Lill
Die Namibiese Elektroniese Sportvereniging (Nesa) bied môremiddag 'n internasionale vriendskaplike kompetisie by Ster Kinekor in die Maerua-sentrum aan.
John Walenga en Rashaad Matjila, die land se twee nasionale spelers, sal die geleentheid kry om hul staal met die 2017 Fifa-speletjie op Playstation 4 teen Ghana en Suid-Afrika te toon.
Dit sal die eerste amptelike internasionale Fifa-kompetisie vir die Namibiërs wees en is 'n verreikende mylpaal vir die land se deelnemers aan e-sport.
Nesa bied die geleentheid in samewerking met Mind Sports Suid-Afrika en die Ghana e-Sportvereniging aan.
Die eerste wedstryde skop om 12:00 af en toeskouers kan N$55 betaal om in die opwindende oomblik te deel.
Nadat die amptelike wedstryde afgehandel is, sal die publiek kans kry om teen 'n inskrywingsgeld van N$75 aan die 2017 Fifa Ope-kompetisie deel te neem waar goeie pryse gewen kan word.
Die pryse word moontlik gemaak deur Ster Kinekor en Maerua-sentrum wat die geleentheid borg.
'n Beperkte aantal inskrywings is vir die ope afdeling beskikbaar en die organiseerders raai belangstellendes aan om so gou as moontlik hul plekke te bespreek.
Vir meer inligting kan hul Facebookblad (Namibian Electronic Sports Association) besoek word of Flip de Bruyn kan by 081 141 5100 geskakel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie