WMK kroon sy kampioene
MOTORSPORTNUUS is dat die Windhoek Motorklub (WMK) die naweek sy jaarlikse prysuitdeling by sy klubhuis gehou het om die 2008 klubkampioene aan te wys. Lede van so ver as Tsumeb en Swakopmund het die gesellige geleentheid bygewoon. Een van die groot verrassings was die aanwys van Dewald Jooste as die WMK se lanbaankampioen vir 2008. Jooste wat aan die begin van 2008 as een van die groentjies met ‘n be- perkte begroting aan die lang- baanrenne begin deelneem het, moes deurentyd met meer er- vare jaers kompeteer. Sy Ford Focus STI 170 was feitlik standaard, maar het hom nooit in die steek gelaat nie. Hy het wedren na wedren goed gedoen hoewel hy nie naastenby die- selfde rondtetye kon aanteken as die voorste jaers nie. Die feit dat hy elke wedren kon voltooi, het hom ‘n goeie puntetotaal laat opstapel en teen die einde van die seisoen kon hy as kampioen uit die stryd tree. Wat ovaalbaanrenne betref, is dit in 2008 ietwat afgewater weens ‘n besluit dat byeenkomste op dieselfde dag plaasvind as langbaanrenne. Vanjaar gaan dit egter weer as afsonderlike byeenkomste aan- gebied word. Die eerste ovaalbaanrenne op die Tony Rustrenbaan sal vanjaar op 21 Maart plaasvind terwyl die eerste langbaanbyeenkoms vir 25 April beplan word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie