Wittmann pure klas in Harare

Suné Witmann se 25 lopies van 19 balle, gevolg deur twee paaltjies vir 13 lopies, het haar die speler van die wedstryd gemaak toe Kenia gister met 39 lopies geklop is.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Namibië se nasionale senior vrouekrieketspan het gewys dat hy dié week hard in Harare gaan veg in die Internasionale Krieketraad (ICC) se Afrika T20 kwalifiserende Wêreldbekertoernooi.

Yasmeen Khan se Namibiese span ding in groep B teen Kenia, Sierra Leone en Uganda mee om 'n plek in die finaal, terwyl Mosambiek, Nigerië, Rwanda, Tanzanië en Zimbabwe in groep A vir dieselfde eer sake uitspook.

Uganda, die volgende opponent vanmiddag, is die verdedigende kampioen wat dié titel twee jaar gelede in Windhoek op dramatiese wyse teen Zimbabwe opgeraap het.

Geen semifinale word vandeesweek gespeel nie, met net die topspan in elke groep wat sy plek in die eindstryd bespreek. Die vroue sal dus elke greintjie vernuf moet inspan vir die gesogte kans om as kampioen na die globale uitduntoernooi vir die T20 Wêreldbeker te vorder.

Namibië het die val van die munt verloor en is deur Kenia ingestuur om eerste te kolf.

Adri van der Merwe (25 van 32 balle, 1x4) en Kayleen Green (21 van 26 b, 3x4) het die beurt geopen en het vir 'n stewige vennootskap van 55 in 8.5 boulbeurte gesorg.

Die twee is egter kort ná mekaar uit en kaptein Yasmeen Khan (1) het ook gou haar paaltjie verloor (61/3 ná 10.5 boulbeurte). Gelukkig het Suné Wittmann (25 van 19 b, 2x4, 1x6) asook Irene van Zyl (20 nie uit nie van 32 b) die telbord met 'n 40-vennootskap aan die gang gehou voordat Namibië sy kolfbeurt op 'n oënskynlik middelmatige 117/6 afgesluit is.

Vir Kenia het Mercylione Ochieng die meeste paaltjies (3/11 in 4 bb) laat kantel, gevolg deur Esther Wachira wat met 2/15 in drie boulbeurte spog. Edith Waithaka was met 0/24 in haar vier boulbeurte Kenia se duurste bouler.

Kenia se kolwers het hulle egter teen 'n vasbeslote vertoning van boul- en veldwerk vasgeloop en was uit die staanspoor onder druk.

Die Oos-Afrikane se eerste ses kolwers is vir 'n karige 25 lopies uitgehaal, met Wittman en Van Zyl wat elk een paaltjie neem. Twee Keniaanse kolwers is uitgehardloop met die Namibiese veldwerkers wat hulle onder druk gehou het. Slegs Ochieng (12 van 29 b, 1x4) en Daisy Njoroge (18 van 19 b, 1x4) kon dubbelsyfers bereik. Net vyf keer in die ganse kolfbeurt kon Kenia vir 'n grenshou hande klap.

Van Zyl neem 'n suinige 2/9 in haar vier boulbeurte, aangevul deur Wittmann (2/13 in 4 bb) en Wilka Mwaaite met 1/12 in haar vier boulbeurte. Sylvia Shihepo kort dalk meer internasionale ondervinding en haar 22 lopies in drie boulbeurte wys dit.

Met hul eerste oorwinning in groep B in die sakkie pronk Namibië met hul eerste twee punte. Vandag om 13:50 stap Namibië teen Uganda op die veld en Woensdag kom Sierra Leone in sy laaste groepwedstryd aan die beurt.

Die Namibiese spelersgroep vir die toernooi is Yasmeen Khan (kaptein), Suné Wittmann, Kayleen Green, Sylvia Shihepo, Victoria Hamunyela, Dietlind Foerster, Wilka Mwaaite, Reehana Khan, Adri van der Merwe, Eveleen Kejarukua, Constancia Kauripeke, Irene van Zyl, Arrasta Diergaardt en Maryke Short.

Die Namibiërs is vir die eerste keer in aksie onder die nuwe afrigterspan Fortune Matawu en Leonard Nhamburo. Die vrouespan se vorige afrigter Christopher Coombe het bedank sodat hy verlede maand na Denemarke kon vertrek om daar by 'n klub te gaan speel en afrig.

• In die openingswedstryd gisteroggend het die gasheerspan Zimbabwe eerste gekolf en 'n massiewe 198/3 in sy toegelate 20 boulbeurte opgestapel. Hierop kon Mosambiek met net 'n karige 35 lopies antwoord voor sy laaste kolwer in die 20ste boulbeurt uitgehaal is. Die oorwinning van 163 lopies plaas Zimbabwe in 'n gunstige posisie en eerste met twee punte in groep A.

Gisternamiddag se twee uitslae: Uganda (143/2) verslaan Sierra Leone (53 almal uit) met 90 lopies en skuif bo Namibië in die eerste posisie; Rwanda (102/6) is te sterk vir Nigerië (65 almal uit).- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%