Witsousblomkool met biltong
Witsousblomkool met biltong

Witsousblomkool met biltong

Lloyd Zandberg
Bestanddele

5 eetlepels botter

5 eetlepels meel

2 koppies melk

½ teelepel Dijon-mosterd

½ koppie beleë cheddar, gerasper

gemaalde swartpeper na smaak

½ koppie biltongskyfies of -poeiersout na smaak

2 klein koppe blomkool

50 g bloukaas

Metode

Hierdie kool ís die sous werd, mits jy sterk, goedbeleë kaas gebruik.

1. Smelt die botter in ’n potjie en meng dan die meel daarby tot glad. Verlaag die hitte en roer die melk ’n lepel op ’n slag daarby in. Verhoed dat dit klonte vorm. Bring die wit-sous tot kookpunt en laat dit vir een minuut prut.

2. Verwyder die sous van die hitte en roer die mosterd, cheddar, swartpeper en biltong daardeur. Proe, en voeg sout na smaak by, indien nodig.

3. Plaas die blomkool in ’n plat-boomswartpot of -pan en skink die sous bo-oor. Sit die deksel op en bak die blomkool vir 90 minute oor matige kole. Krummel die bloukaas bo-oor, sny die koolkoppe in wiggies en sorg dalk elke happie genoeg van die witsous het!

WENK: Jy kan die gereg ook in ’n warm skottel mét die deksel bak, óf teen 180 °C in die oond - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-06-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer