Witbooi-Bybel spoedig terug
Witbooi-Bybel spoedig terug

Witbooi-Bybel spoedig terug

Tanja Bause
Tanja Bause – Hendrik Witbooi se Familiebybel en sweep is uiteindelik op pad huis toe.

Dié tradisionele artefakte sal op 26 Februarie vanuit Duitsland in Namibië aankom, het die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, aangekondig.

Op 27 Februarie sal besoek gebring word aan Hornkranz, waar die Bybel en sweep op 12 April 1893 tydens ’n botsing tussen Duitse troepe en kaptein Witbooi se soldate deur die Duitsers afgeneem is.

“Die Bybel en sweep het by die Linder-museum in Stuttgart in Duitsland opgeëindig. Aanvanklik sou dié items deel van die derde terugbring van menslike oorskot vanuit Duitsland na Namibië wees,” het sy gesê.

Verlede Augustus het Hanse-Himarwa ’n afvaardiging van 80 Namibiërs Duitsland toe gelei.

“Die afvaardiging het uit ’n verskeidenheid mense bestaan, en het beide erkende en nie-erkende tradisionele leiers van Namibië ingesluit. Die hele afvaardiging, insluitende die Nama- Tradisionele Leiersvereniging (NTLA), is voor die vertrek Duitsland toe deur my, die visepresident en die president ingelig dat ons die menslike oorskot en die Bybel op ’n verenigde en waardige manier moet gaan haal, wat ons as nasie sal eer sonder om die meningsverskil te verskuil,” het die minister gesê.

Volgens haar was dit duidelik die afvaardiging se sending was om die 32 stuks Namibiese menslike oorskot en die Bybel en sweep te repatrieer.

“Veral omdat die afvaardiging mnre. Solomon en Hendrik Ismael Witbooi ingesluit het. Niemand, insluitende die leiers van die Witbooi-familie, het in enige stadium besware teen die teruggee van die items teenoor die regering of die gemeenskap geopper nie.

“My ministerie, die Witbooi-familie en ’n afvaardiging uit Baden Württemberg, Duitsland, het besluit die items sal op 26 Februarie in Namibië aankom.”

Op 28 Februarie sal ’n optog padlangs tussen Windhoek en Gibeon die items begelei.

Op Rehoboth, Kalkrand en Mariental sal vir gebed gestop word.

“Op 1 Maart sal die Bybel en sweep aan pres. Hage Geingob oorhandig word. Die president sal dit vir veilige bewaring in Namibië se nasionale argiewe aan my oorhandig,” het sy gesê.

Die oorspronklike Bybel, ’n gesertifiseerde afskrif daarvan, asook ’n digitale kopie sal in regeringsbewaring bly.

Die Bybel is met spesiale chemikalieë behandel sodat dit nog vir die volgende 100 jaar bewaar sal bly, dus sal dit in ’n verseëlde houer bewaar word.

“’n Gesertifiseerde kopie sal op Gibeon uitgestal word by ’n plek wat in oorleg met die familie gekies is tot die Hendrik Witbooi-museum gebou is. Hier sal al die artefakte, besittings en oudiovisuele materiaal van dié legendariese mens uitgestal word,” het Hanse-Himarwa gesê.

“Die feit dat ons, die Namibiese regering, die amptelike oorhandiging op Gibeon doen is die hoogste eer, erkenning en respek vir die Nama-volk in die geheel, asook en die /Khowese/Witbooi-stam,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.52 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.52 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 299.74/OZ DOWN -0.0103 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0092 | Zinc US$ 2 900.80/T DOWN -0.38% | Brent Crude Oil US$ 84.59/BBP UP +0.35% | Platinum US$ 965.56/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.52 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.52 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 299.74/OZ DOWN -0.0103 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0092 | Zinc US$ 2 900.80/T DOWN -0.38% | Brent Crude Oil US$ 84.59/BBP UP +0.35% | Platinum US$ 965.56/OZ UP +1.05%