Wit potbrood
(1 brood van so 15 cm in deursnee)
· 500 g (890 ml) koekmeel
· 125 g (195 ml) semolina
· 5 ml sout
· 15 ml witsuiker
· 1 pakkie 10 g kitssuurdeeg
· sowat 440 ml louwarm water
Stap 1. Plaas meel, semolina, sout, suiker en suurdeeg in ’n groot mengbak. Meng goed. Maak ’n holte in die middel. Voeg louwarm water by en meng tot deeg vorm.
Stap 2. Knie deeg op ’n meelbestrooide oppervlak vir minstens 10 minute.
Stap 3. Smeer ’n skoon mengbak met bietjie olyfolie en plaas deeg in bak. Smeer bietjie olyfolie bo-op. Bedek met kleefplastiek en sit bak op ’n warm plek sodat dit tot dubbel die grootte kan rys. Wanneer die deeg verdubbel het, haal uit bak en knie weer sowat 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak.
Stap 4. Spuit kastrol van 15 cm met kleefwerende kossproei. Vorm deeg in ronde bal en sit in kastrol. Laat dit nou weer tot dubbel die grootte rys op warm plek. Verhit intussen oond tot 180 °C. Sif bietjie koekmeel op deeg en bak sowat 35 minute in oond. Klop brood bo-op – as dit hol klink, weet jy dis gaar. Keer uit en laat effe afkoel voor jy dit sny. Sit voor met kaas en jou tuisgemaakte tamatieblatjang.
Hoe lank rys brooddeeg?
Laat deeg rys in ’n bak wat jy op ’n warm plek laat staan, soos op jou stoof. Dit maak die proses vinniger. onthou, die deeg moet tot dubbel die oorspronklike volume rys, en jy kan dit nie altyd in tyd bereken nie, maar wel met die oog. Dit sal mintens 2 uur duur om in volume te verdubbel.
Potbrood met meer vesel
Vervang helfte van die wit koekmeel met bruinbroodmeel. Volg die res van die resep net so. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie