Wit Hingste runnik opnuut as kampioene

Krieket
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Twee semifinale en die finaal van Krieket Namibië se T20-eerste liga is Saterdag by Wanderers en Affiespark in Pionierspark afgehandel.

Samsung FNB Wanderers 2, wie die verdedigende T20-kampioen van die vorige seisoen was, het hulle titel suksesvol teen WHS Old Boys 2 in die finaal verdedig deur die botsing met 20 lopies te wen.

Wanderers (181/6 in 20 boulbeurte) wat in die eerste semifinaal op hul tuisveld teen Zebras 1 (149/9 in 20) gespeel het, het hul eerste hekkie gemaklik met 32 lopies oorkom. Die tuisspan het die opskiet van die munt verloor en is ingestuur om eerste te kolf. Hulle het vinnig die paaltjie van die gevaarlike Wessel Myburgh verloor, maar JC Balt (Speler van die Wedstryd) op nommer een het met ’n skitterende 79 lopies van 45 aflewerings (8x4, 3x6) die Wit Hingste se bas gered.

Irfan Shah (1/23), Waqas Mohammed (1/26), Parkash Kothari (1/30) en Jamil Aziz (1/33) het elk ’n slagoffer vir Zebras met puik boulwerk bewerkstellig.

Ongelukkig het die besoekers hulself vanuit die staanspoor onder geweldige druk geplaas deur die paaltjie van openingskolwer, Ashif Shujah, vir slegs twee lopies in die bank (3 balle) te verloor. Sy openingsvennoot, Waqas Mohammed, wie die enigste kolwer is wat meer as 100 lopies in Saterdag se drie wedstryde kon aanteken, het egter sy klas gewys en 104 van 57 aflewerings gemoker. Dit sluit 12 viere en vyf sesse in.

Vir Wanderers het Tiaan Gerber geskitter met 4/18 in sy vier boulbeurte gevolg deur Pieter Rossouw (2/10 in 3), JC Balt (2/30 in 4) en Steven Delport (1/36 in 4).

In die ander semifinaal by Affiespark het Old Boys 2 (192/3 in 20) eerste teen Old Boys Vintage (137/10 in 20) gekolf om met 55 lopies te wen.

Die jeugdige Gerhard Janse van Rensburg (69, 34 balle) en Alexander Volschenk (51, 24 b) was uitmuntend met die wilgerlat en 120 lopies tot hul span se totaal bygedra. Vernon Cloete (58*, 53 b) was self ’n doring in die vlees.

llewellyn Louw, Eric Verburg and Pieter Meuwesen laat kantel onderskeidelik 1/23 in 3, 1/17 in 2 en 1/39 in 4 vir Vintage.

Die ouer manne van Vintage kon nie dieselfde spelpeil as vroeër in die seisoen bereik nie en moes toesien hoe hul kolwers een na die ander vir lae tellings uitgehaal word. Wynand Zwart met 42 van 37 balle is die enigste ligpunt op ’n sombere telkaart.

Uli Fortuin, kaptein van Old Boys 2, skitter met 4/18 in 3.1 boulbeurte. KC Griffiths (2/20 in 3) en Vernon Cloete (2/19 in 4) se bydraes is self nie te versmaai nie.

Die finaal

Wanderers 2 kolf eerte en behaal ’n makkerige 153/7 in 20 boulbeurte, maar dit is genoeg vir die gasheer om Krieket Namibië se T20-eersteligatitel vir die tweede jaar agtereenvolgens op te raap nadat Old Boys 2 (133/8 in 20) nie al die antwoorde op die gasheer se boulaanval gehad het nie.

Myburgh wat weer saam met sy kaptein, Ewald Steenkamp, die aanvangskolwers vir Wanderers was, slaan ’n manjifieke 50 (34 b, 2x4, 3x6) voor hy deur Dirk Theunissen van Uli Fortuin se boulwerk uitgevang word. Steenkamp (37, 45 b, 2x4) is ewe frustrerend voor hy die slagoffer van KC Griffiths (gevang) word.

Net Gerhard Lotter (14 van 10 b, 2x4) en JC Balt (11 van 7 b) kan vir Wanderers dubbelsyfers met die kolf behaal, terwyl die res van die tellings nie noemenswaardig is nie.

Vir Old Boys slaan Uli Fortuin met 2/21 in 4 boulbeurte gevolg deur D. Theunissen (1/21 in 3), Christo Bronkhorst (1/42 in 4) en Alexander Volschenk (1/12 in 3). Vernon Cloete ondersteun goed met 1/32 in sy 4 boulbeurte.

Nadat die openingskolwers van Old Boys: KC Griffiths en Gerhard Janse van Rensburg onderskeidelik vir 13 van 13 balle en 13 van 9 terug kleedkamer toe gestuur is deur Tommie van der Merwe se giftige boulwerk, het die besoekers se kolfbeurt nooit werklik kans gekry om aan die gang te kom nie. Old Boys se hoogste tellings kom van D. Theunissen (24, 21 b, 1x6) op nommer ses en Gerhard Thirion op sewe (27, 17 b, 1x4, 1x6).

Wanderers se boulaanslag was deur Van der Merwe (2/13 in 4) gelei gevolg deur W. Myburgh (2/21 in 3), S. Delport (2/26 in 4) en JC Balt (1/23 in 4) om ’n sege met 20 lopies te beklink.

Premierliga

Samsung FNB Wanderers 1 (210/7 in 45) het Saterdag by Vegkop in Windhoek WHS Old Boys 1 (207/10 in 45.1) met drie paaltjies oorskadu om onoorwonne in dié topliga te bly. JJ Smit (63 lopies, 95 b, 1x4, 4x6) en Niko Davin (58, 42 b, 4x4, 2x6) was die groot slaners vir Wanderers. Kaptein Gerhard Erasmus (54, 60 b, 2x4, 3x6) en Craig Williams (56, 93 b, 2x4, 3x6) het hul bes probeer om die wentelling te jaag, maar ondersteuning van die res van die kolforde was ietwat aan die dun kant gewees.

Nicolaas Scholtz met 4/34 in 10 boulbeurte was Wanderers se voorste bouler gewees, met JJ Smit (3/16 in 8) kort op sy hakke. Die staatmakers G. Erasmus (3/39 in 10) en C. Williams (2/35 in 10) wys weer eens hul waarde vir Old Boys as veeldoelige spelers.

In Olympia het die gasheer, Trustco United 1 (249/9 in 50), sy uitstappie teen CCD tigers 1 (255/7 in 50) met ses lopies in ’n naelbytbotsing verloor. Stephen Baard (90, 97 b, 3x4, 7x6) was Tigers se grootste lopievraat, terwyl Chris Freeman (57, 49 b, 8x4, 1x6) vir die tuisspan die hand opgesteek het.

André Siepker (3/34 in 7) het die meeste paaltjies vir United laat kantel, terwyl Ben Burger (3/17 in 5) Tigers se grootste angel was.

T20

Gister by die selfde venues het Old Boys 1 (111/3 in 15) vir Wanderers 1 (110/10 in 19.3) met ’n sewe paaltjie oorwinning huis toe gestuur. Tigers (126/1 in 16.2) was ná Saterdag se sege stert in die lug en wys die Filistyne (125/7 in 20) met ’n nege paaltjie sege waar Dawid die wortels begrawe het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool LaLiga: Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 14° | 31° Rundu: 14° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 17° | 31° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:27, High tide: 06:24, Low Tide: 01:00, High tide: 19:07 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 13km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:22, Low Tide: 00:58, High tide: 19:05 Walvis Bay: 17° | 27° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:21, Low Tide: 00:58, High tide: 19:04 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 34° Oranjemund: 17° | 26° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 16° | 29° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 15° | 20° Durban: 19° | 32° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 11° | 26° Currency: GBP to NAD 23.43 | EUR to NAD 20.07 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.73 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.67 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1355 | USD to ZAR 18.72 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.86/OZ UP +0.12% | Copper US$ 4.58/lb UP +0.74% | Zinc US$ 2 897.90/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 88.92/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 929.64/OZ UP +1.77% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool LaLiga: Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 14° | 31° Rundu: 14° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 17° | 31° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:27, High tide: 06:24, Low Tide: 01:00, High tide: 19:07 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 13km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:22, Low Tide: 00:58, High tide: 19:05 Walvis Bay: 17° | 27° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:21, Low Tide: 00:58, High tide: 19:04 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 34° Oranjemund: 17° | 26° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 16° | 29° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 15° | 20° Durban: 19° | 32° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 11° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.43 | EUR to NAD 20.07 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.73 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.67 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1355 | USD to ZAR 18.72 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.86/OZ UP +0.12% | Copper US$ 4.58/lb UP +0.74% | Zinc US$ 2 897.90/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 88.92/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 929.64/OZ UP +1.77%