Wisselkoers dwing kopers na alternatiewe
Wisselkoers dwing kopers na alternatiewe

Wisselkoers dwing kopers na alternatiewe

Gerine Hoff
Deon Eysele

Plaaslike kopers van nuwe voertuie is baie kieskeurig wanneer dit by voertuie kom en een van die aspekte wat ’n beduidende uitwerking op keuse het, is beslis die handelsmerk. Dit is heel waarskynlik omdat goeie handelsmerke net oor jare gevestig word en dit derhalwe vertroue by kopers inboesem.
Ander handelsmerke wat dan die mark betree, sukkel jare om kopers sover te kry om na hul produkte te kyk.
Mahindra is een van die nuwer handelsmerke en dit moes die afgelope klompie jare hard werk om kopers te oortuig om sy produkte op die proef te stel.
Met dié wat al meer boere, sakemanne en individue bakkies begin koop het en die voertuie meer sigbaar in die mark geraak het, kon dié handelsmerk in die plaaslike mark nesskop.
Spes Bona Mahindra het onlangs ’n 4x4 Mahindra Scorpio-bakkie vir ’n toetsrit beskikbaar gestel. Soos tydens vorige toetsritte met ander modelle, was ons aangenaam verras met die algehele padgedrag en ritgehalte, sterk enjin en die waarborg en diensplan wat by die prys ingesluit is.

Agtergrond
Mahindra is nog nie heeltemal as handelsmerk in Namibië gevestig nie, maar met die dryfkrag waarmee die Spes Bona-motorgroep die bemarking daarvan hanteer en die diens wat hulle lewer, begin die teenwoordigheid van hul voertuie reeds op ons paaie sigbaar word.
Mahindra is ’n belangrike internasionale vervaardiger en een van die grootste voertuigvervaardigers in Indië.
Oor die afgelope dekade of meer het Mahindra ook in Suid-Afrika goed nesgeskop terwyl ’n volledige handelaarskap deur die Spes Bona-motorgroep in Windhoek gevestig is.

Scorpio
Die reeks Scorpio-bakkies kom in ’n 2x4- en 4x4-model asook enkel- en dubbelkajuit. Dié reeks bakkies is bekend vir hul gehardheid, sterk onderstelle en nou ook met die gewilde mHawk diesel­enjin. Dit het ’n kraglewering van 89 kW met wringkrag van 290 Nm wat van so laag as 1 600 o.p.m. beskikbaar is. Dit lewer blykbaar ’n gemiddelde brandstofverbruik van meer as 12 km/l wat in enige terme baie billik is. ’n Elektroniese ewenaarslot, sluitweerremme (ABS), lugsakke, satellietkontroles op die stuurwiel, USD- en SD-kaart-sok, kragstuur, spoedkontrole en sentrale sluiting is deel van die Scorpio se pakket.

Ervaring agter
die stuur
In die onlangse verlede het ek al ’n paar van Mahindra se voertuie op die proef gestel. Aanvanklik het ek met onsekerheid en ’n besliste vooroordeel na die voertuie gekyk, maar algaande begin besef dat jy die voertuie na waarde moet skat. Intussen, moet ek erken, het my mening oor dié rygoed verander en ek kan met eerlikheid sê dat ek die Scorpio as goeie waarde vir geld beskou.
Ons toetsbakkie was die enkelkajuit 4x4-model.
Tydens die toetsrit het ek dit vir alledaagse ritte gebruik. Ritte was aangenaam weens die goeie hoogte wat die bakkie aan die bestuurder in die stadverkeer bied, maar ook as gevolg van die lewendige trekkrag van die dieselenjin wat in Oostenryk deur ’n internasionale enjinvervaardiger gebou word. My persoonlike ryding is ’n 3.0 l dieselbakkie van ’n baie bekende en gewilde handelsmerk in Namibië, en is byna twee keer duurder as die Scorpio. Die Scorpio staan nie juis terug wat algemene padgedrag en trekkrag betref nie.

Padgedrag
Die algemene gevoel agter die stuur van die Scorpio was verrassend aangenaam. Ek het aanvanklik gedink die klank van die dieselenjin is die kajuit was bietjie hard, maar toe ek na ’n week uit die Scorpio in my eie bakkie klim, was daar maar min verskil in enjinklank en trekkrag. Wat wel opvallend was, was die gehalte van die sitplek. Die Scorpio se sitplek was vir my effe ongemaklik en die hoek van die stuurwiel teenoor die sitplek was ook ongemaklik.
Die Scorpio was op teer heel aangenaam, maar waar ek respek daarvoor gekry het, was op grondpad. Die bakwerk van die Scorpio is solied en die onderstel seker ook van die beste wat daar is. Dieselfde kan egter nie van die binneruim van die voertuig gesê word nie. Dit was effentjies met nie te wafferse afwerking nie terwyl die ratskakeling vir my baie grof was.

Getuienis
Ten einde ’n meer verteenwoordigende mening te kry oor die Scorpio-bakkie, het ek gaan kers opsteek by die groepshoof van Lubbe's Motor Group, mnr. Etienne Lubbe. Hy het ’n vloot van ses 2x4-bakkies en een dubbelkajuit 4x4 en sy verteenwoordigers ry die land plat met die voertuie.
Hy vertel dat hy ’n saketransaksie met die Spes Bona-motorgroep gesluit het om Mahindra-bakkies te verkoop by ’n tak wat hulle op Mariental gevestig het.
“Hulle het vir ons twee bakkies vir die doel gegee en ek het self met een Mariental toe gery. Halfpad daarheen het ek begin hou van die bakkie en besluit om een vir myself aan te skaf,” het hy gesê.
Lubbe sê hy is nie baie handelsmerk-georiënteerd nie, maar vir hom is waarde vir geld baie belangrik.
“Hedendaagse enjins is wat gehalte en standaard betref, baie na aan mekaar. Jy kan die beste en duurste voertuig hê, maar as jy dit nie behoorlik kan versien en onderdele kan verskaf nie, is dit ook maar niks werd nie,” is sy filosofie.
Die bakkies is volgens hom baie gerieflik, dis maklik om in- en uit te klim, dit beskik oor alle geriefsitems en satellietkontroles op die stuurwiel, dit het voortreflike padhouvermoë veral op grondpaaie, dit beskik oor ’n sterk dieselenjin met goeie brandfstofverbruik (12,5 km/l), dit het ’n gerieflike groot en harde bak en beskik oor ’n goeie grondvryhoogte.
Nog iets wat vir Lubbe gemoedsrus gee, is die waarborg van drie jaar/100 000 km en ’n diensplan van vyf jaar/90 000 km.
Die ander groot voordeel is die prys. “Ek bestee feitlik die helfte minder aan ’n Mahindra as wat ek vir ander bekende handelsmerk sou betaal,” het hy afgesluit.
Die enkelkajuit 4x4 met die Adventure-pakket van LAS kos N$310 000, maar as jy nie al die bykomstighede soos ’n spesiale voorste stamper, snorkel en agterste stamper wil hê nie, is die bakkie joune vir slegs N$280 000.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%